The Bush Telegraph

NEWS | UPDATES | nATURE rEADS

Dinokeng| Nat katte & Nat Toeriste

Om die eerste fotokompetisie se foto’s te beoordeel het ek die naweek weer teruggekeer na die Dinokeng resevaat. Tydends die naweek het ek besluit om op een van die wildritte te gaan.

Dit het baie gereën op die rit, en ons het by ‘n trop leeus aan gekom. Ons het ‘n hele ruk by hulle gestaan en foto’s neem en verkyk terwyl die reen met emmers afstroom. Op hierdie rit was daar 2 oorsese toeriste wat hulle verkyk het aan die arme leeus wat kenmerkend op die stadium al op hulle gesigte gewys het, dat hulle nou redelik genoeg gehad het van die nat weer en nat pelse.

Met die, toe die katte begin opstaan en beweeg het ons gids die voertuig aangesakel om die leeus te volg.

In die tyd wat ons spandeer het om te verkyk en fotos te neem, moes ‘n aansienlike hoeveelheid water op die seil dak van ons voertuig begin opdam het.

Met die gevolg dat toe die gids wegtrek die water soos ‘n tsunami afgerol kom aan die agterkant en die twee toeriste op die agterste sit plek doop met Dinokeng reën water.

Natter as die nat katte was ons toeriste toe verseker.

Met ‘n onvergeetlike ondervinding en ‘n binnemondse gelag, het ons gids maar die wildsrit op ‘n einde gebring.

Maar net soos die Dinokeng-doop van die toeriste het ons leeus die seëning van die reën verstaan en dit met oop oë en nat maanhare in vrede aanvaar as deel van die skouspelagtige Dinokeng ondervinding!