The Bush Telegraph

NEWS | UPDATES | nATURE rEADS

Dinokeng| ‘N Liefde Vir Dinokeng

Die heel eerste keer wat ons die Dinokengreservaat besoek het, was toe ons oorgebly het op die Tshikwalo Game Lodge se kampgronde in 2015. Dit was tydens daardie naweek waar daar ‘n liefde vir Dinokengresevaat in ons gebore is.

Nog vars in my gedagtes, was ons eerste wildsrit saam met Monageng Lodge.

Tydens ons besigtinge het ons die ongelooflike voorreg gehad om te sien hoe ‘n olifant trop twee jagluiperdmannetjies rond jaag.

Die oomblik was so ‘n belewenis, die matriarg het letterlik bome uit die aarde uit gehardloop om sy familie en hulle kalfies te beskerm teen die nabyheid van die jagluiperdmannetjies.

Die prag van die natuur in die skoonste vorm!

Sedertien het ons liefde vir die Dinokengresevaat net aanhou groei.

 

Om elke draai is daar iets om te sien, jy moet net mooi kyk en waneer ‘n mens die klein en soms oorgekykte onderwerpe begin raaksien en waardeer, dit is waneer Dinokeng in jou hart in kruip, jou hart gevangene neem en jou dan begin beloon met private vertonings wat jou asem sal wegslaan en jou waardering van die prag van die natuur weer hernu.

Dinokengresevaat is of ‘n plek wat jy op verlief gaan raak of ‘n plek wat glad nie jou hart gaan praat nie.

Die geheim lê egter om die hele natuur en alles wat voortkom te waardeer en te verstaan, en te besef dat alles vorm deel van ‘n groter prentjie. 

 

Fotos: Japie Bornman